Liewe Heksie

Fri Mar 18, 18:00 - Fri Mar 18, 20:30

Parys High School

ABOUT

Die skepper van Liewe Heksie, Verna Vels het kort voor haar dood verlede in 2014 `n splinternuwe storie spesiaal vir Lefra Produksies geskryf. Regisseur Frans Swart het vir Verna oortuig om `n splinternuwe Liewe Heksie-storie te skryf en so is hierdie nuwe Heksie-teaterproduksie gebore - LIEWE HEKSIE EN DIE TUINDWERGIE.


"Ek wou nog altyd gehad het dat Heksie `n tuindwergie ontmoet," het Verna gese "en wou sien wat Heksie met die Tuindwergie doen. En glo my, ek is seker sy gaan weer in die moeilikheid kom! Ons maatjies moet maar kom kyk wat vang Heksie met Casper, die tuindwergie aan."


Voor pouse word LIEWE HEKSIE EN BOTTERBLOM opgevoer. Botterblom is Blommeland se koei wat vir die hele Blommeland melk verskaf. Maar Botterblom is kwaad. Karring, Blommeland se melkkabouter, laat niemand by Botterblom toe nie en Botterblom raak baie eensaam. Dan begin die poppe (of is dit nou koeie?) dans.

Vervaardig deur Lefra Produksies.

DIRECTIONS

Liewe Heksie
Parys High School
Schilbach St, Parys, 9585, South Africa
Get Directions