FREE OPTIONS

Desmond Wells Sing by Elgin Vintners

Sat Mar 27, 12:00 - Sat Mar 27, 18:00

Elgin Vintners

ABOUT

Kom Kuier saam met Desmond Wells op Saterdag, 27 Maart, by Elgin Vintners spog-wynplaas in die Elgin Vallei.


Datum:

Saterdag 27 Maart 2021


Tyd:

Optrede begin 16h00, hekke open 12h00


Kaartjies:

R120 pp vir volwassenes


Kos en drank:

  • Geen eie kos en drank word op die perseel toegelaat nie.
  • Bespreek jou piekniekboks (vir 2) vooraf hier op Quicket.
  • Op die dag sal pizzas en ander happies te koop wees, sowel as Elgin Vintners wyn, water en koeldrank.


Bring saam:

Jou piekniek kombers, kampstoel, sonhoed, familie en vriende, en 'n lekker kuier-gees!


Adres:

Elgin Vintners, Ridgelands Farm, Appletiser Road, Elgin Valley.

 

?

Desmond Wells se nuutste album “Dans my verlief” is deur Sony/Select musiek vrygestel en liedjies daarop soos Savannah’s smile, Bloubergstrand & Dans my verlief speel tans op al die groot radio stasies in die land.

Sy vorige album Desiré is vir ‘n Huisgenoot Tempo toekenning benoem as die beste Afrikaanse dansalbum van 2012 en hy’s ook dieselfde jaar gekroon as die gewildste manlike kunstenaar in die Wes-Kaap tydens die Bokkie musiek toekennings voor ‘n volgepakte Grand West arena!

Sy eerste album Heeltyd Speeltyd was in 2006 vir ‘n SAMA toekenning benoem as die beste Afrikaanse dansalbum van daardie jaar!

Sy vorige albums “Jy’s die een” en “’n Stukkie van jou hart” het ook landwyd radiostasies se trefferparades gehaal en vele treffers soos: “Kom terug na my, Oor 15 minute, ‘n Stukkie van jou hart en Veels geluk liewe maatjie” opgelewer.

Desmond het al op vele televisie programme soos Fiësta, DKNT, Toks en Tjops, Musiek Roulette en Jukebox verskyn. Sy musiek video’s speel ook gereeld op Kyknet en Jukebox.

Oor die afgelope 10 jaar is sy liedjies al op meer as 600 000 kompilasie albums landswyd verkoop.

Desmond se vertonings is altyd vol energie en gelaai met sy eie oorspronklike komposisies asook nuwe en ouer Engelse treffers!

DIRECTIONS

Desmond Wells Sing by Elgin Vintners
Elgin Vintners
Appletiser Rd, Elgin, 7180
Get Directions