Valiant Swart by die Daisy Jones
Sat Feb 27, 19:30 - Sat Feb 27, 21:30
The Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch
ABOUT
Op Saterdag 27 Februarie kom sing Valiant Swart vir die eerste maal in ‘n baie lang tyd op Stellenbosch. Die intieme solo-akoestiese vertoning vind plaas by The Daisy Jones Bar, op die Summerhill landgoed langs die R44. Valiant bring al sy ou gunstelinge, sowel as ‘n handvol splinternuwe liedjies na die verhoog.
Daar is slegs 50 kaartjies beskikbaar – 40 kaartjies teen R120 p/p, en 10 BBP-kaartjies teen R200 p/p, wat agterverhoog-toegang en kuier saam met Valiant insluit, asook prima-uitsig sitplekke op die balkon.
Maak seker jy loop nie hierdie een mis nie!
Sat 27 Feb
Show begin 19:30
Deure maak 17:00 oop
Geen Masker Geen toegang
Covid-19 regulasies sal nagekom word.