Deon Meiring Live by die Daisy Jones

Sat Dec 19, 19:00 - Sat Dec 19, 21:00

The Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch

ABOUT

Deon Meiring LIVE by die Daisy Jones Bar net buite Stellenbosch op Saterdag 19 Desember.


Jy sal vir Deon Meiring ken as die ou wat liedjies skryf, sing en kitaarspeel vir Glaskas en ook die duo Dans Dans Lisa wat hy saam met sy vriend, Bouwer Bosch gestig het. Deon skryf ook dikwels liedjies wat nie noodwendig presies pas by hierdie groepe se aanslag nie. Daarom het hy ook ’n solo projek onder sy eie naam.


• Kaartjies: R80 aanlyn | R100 by die deur

• Deure: 17:00

• Show: 19:00


Die band SARA sal die aand open. Hulle debuut video "Lyk asof jy weet" is sopas uitgereik.


====================

Meer oor die kunstenaar:

====================

Buiten sy drie kortspelers en verskeie enkelsnitte (soos "Ek weet net nie", "Vingerafdrukke" en "Naby jou wees") is sy musiek ook al gebruik in films. Sy mees onlangse EP, Grensbewoner, se liedjies is die temamusiek van die 2020 kykNET reeks, Kompleks. Dit sluit ook ’n nuwe weergawe van Koos Kombuis se tydlose "Bicycle sonder ’n slot" in wat Koos en Deon saam sing. In sy optredes doen Deon verskeie liedjies uit sy pen: Gestroopte weergawes van die bekende liedjies wat hy vir Glaskas en Dans Dans Lisa geskryf het asook die musiek wat luisteraars sal ken van sy solo werk. Buiten liedjies skryf Deon ook ’n weeklikse brief vir die wêreld wat hy in die vorm van ’n video op Instagram, YouTube en Facebook deel. Deon deel ook iets van hierdie stories en skryfwerk op die verhoog.


Buite sitplek en grasperk om die middag deur te bring.

Vertoning is op die binne verhoog. Die vertoning is staande en geen sitplekbesprekings word toegelaat nie. (First come first serve op die tafels wat wel hier is)


Geen eie drankies word toegelaat nie.

Lekker pizzas te koop op die dag.


**Covid-19 regulasies sal nagekom word.



DIRECTIONS

Deon Meiring Live by die Daisy Jones
The Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch
33°52'57. 18°50'49, 6 8th Ave, Stellenbosch, 7615
Get Directions