Baviaans Spook

Fri Mar 12, 12:00 - Sun Mar 14, 10:00

Bruintjieskraal, Baviaanskloof

ABOUT

In 2017 het ek besluit om vir my 30ste verjaardag 'n fees te reel.

Ek het 'n afgelee plek gevind, sonder selfoon sein, in die middel van nêrens en ek het 150 kaartjies

beskikbaar gemaak vir my vriende en hulle vriende. Dit was hier, in Vanrhynsdorp, waar die Spook Fees

konsep begin het met die eerste Gifberg Spook. Dit was so ongelooflik lekker dat ek dit weer moes doen en

so, vanuit niks, het die lekkerste bonzai-fees in Suid-Afrika vlam gevat. Die sukses van hierdie fees is die besonderse

hoë konsentrasie lekker mense wat dit bywoon, asook die ligging.


In 2018 het ek Patensie toe verhuis en ek was van die begin af op die uitkyk vir 'n plek om 'n Spook Fees

te reel. Dit was egter eers 'n paar maande terug wat ek die regte plek gevind het.

Daarna het ek my musiek-vriende gebel en gehoor of hulle saam met my wil kom kuier in die Baviaanskloof en hier is dit nou: Baviaans Spook.


Ek het ook met die reël van hierdie fees besef dat ons besonderse musikante het wat vanaf die PE / Jeffreysbaai / Humansdorp omgewing afkomstig is en dat ons almal nog nooit iets saam gedoen het nie so:


VIR DIE OOS-KAAP:


Early B

Biggy

Deon Meiring

Lucinda Neethling (Die Melktert Kommissie)

?Herman Kleinhans / TWEE

?Jakoos Scheepers


ONS VOER DAN OOK IN:


Bouwer Bosch

Lize Mynhardt

Corrazerwas

?Mel Botes (net net, Plet is amper in die Oos-Kaap)




Hoe werk dit:


ALMAL KAMP. Daar is geen huise beskikbaar nie so jy moet jouself regmaak vir kamp.

Dit vind plaas by Bruintjiekraal wat een van die mooiste plekke in die Baviaankloof.

Jy kan google hoe dit daar lyk maar geen plekke word uitgehou nie. Jy sal jou kampplek

ontvang soos jy arriveer en jy kan dan plek hou vir jou vriende.


Jy moet jou eie kos en drank bring en ja, daar is braai geriewe ??


Jou kaartjie sluit jou kampplek in en GEEN DAGBESOEKERS sal ingelaat word nie. Almal moet kom

vir die naweek en daar bly, ek sien nie kans vir mense wat karre rol nie.


Die hekke maak 12h00 oop (indien jy vroeër wil kom kan jy reël)

Die Vrydagaand se musiek sal om 19h00 begin.


Wat jy moet bring:


  1. Swem goed
  2. Enige iets om op te dryf.
  3. Kamp goed
  4. Gemaklike skoene
  5. Kontant
  6. Muskiet verweerder
  7. Sonblok
  8. En die belangrikste: 'n goeie gesindheid.


Wat jy moet weet:



  • Hierdie is 'n verjaardag partytjie eerste en nie 'n kommersiële fees nie, so maak jouself reg om informeel te verkeer.
  • Daar is slegs 200 kaartjies beskibaar.
  • Daar is geen selfoon sein nie
  • Ons gaan swem
  • Jy gaan grondpad ry
  • Daar is nie 'n VIP area nie so moet nie weird wees nie



Indien jy enige vrae het is jy welkom om vir my 'n e-pos te stuur na [email protected]


Groete

Herman Kleinhans


DIRECTIONS

Baviaans Spook
Bruintjieskraal, Baviaanskloof
Grootrivier Poort, Baviaanskloof, 6335
Get Directions