FREE OPTIONS
Family friendly

Geloftefees - Randburg 16 Des 2020

Wed Dec 16, 08:30 - Wed Dec 16, 10:30

Hoërskool Randburg

ABOUT

Ons sien daarna uit om jou by Woensdag, 16 Desember 2020 se Geloftefees te verwelkom!


Plek : Hoërskool Randburg Sport Pawiljoen

H/v Malibongwe en Rabie strate

Fontainebleau

Randburg


Tyd: 08:30 vir 09:00

Koffie en verversings sal beskikbaar wees voor en na die verrigtinge.


Tema: HOOP


Belangrike inligting:




  • Daar is slegs 250 sitplekke beskikbaar.
  • Bespreking kan ook nog op die dag plaasvind
  • Op Woensdagoggend kan jy vanaf 8:30 arriveer en inteken. Wees asseblief teen 8:45 by die Skool.  Die rede hiervoor is dat die inteken-proses 'n paar minute neem
  • Die diens vind plaas op Hoërskool Randburg se hoof pawiljoen
  • Die intekenproses behels: sanitering, neem van koors, bevestiging van geen Covid-simptome.
  • Handhaaf asseblief ten alle tye 1.5m sosiale distansiëring.
  • Dit is verpligtend om jou masker die heeltyd te dra vandat jy die terrein betree tot wanneer jy die terrein verlaat.
  • Mense wat saam in een huishouding bly, mag langs mekaar sit.


Elke persoon wat die Geloftefees bywoon onderneem die volgende:

Ek verstaan dat die Randburg Geloftefees kommitee voorkomende maatreëls (soos deur die Suid Afrikaanse regering daargestel) ingestel het om die verspreiding van die Covid-19 virus te verminder. Ek besef egter dat daar altyd 'n risiko by 'n publieke byeenkoms is om die virus op te doen.

Ek verstaan dat die bywoon van diens vrywillig gedoen word en ek erken dat die Randburg Geloftefees kommitee en Hoërskool Randburg nie aanspreeklik is vir enige Covid-19 positiewe toetsing, weens moontlike blootstelling aan Covid-19 nie en sal daardeur nie eis vir enige skade of verlies wat mag ontstaan uit die deelname aan die diens nie.


Hierdie kaartjies hoef nie saam gebring te word nie. Ons gebruik slegs die inligting om die Covid registarasie vinniger te maak.