SÊ GROETE VIR MA – Hannes van Wyk

Tue Dec 1, 09:00 - Sun Dec 6, 23:45

Event is online

ABOUT

SÊ GROETE VIR MA – Hannes van Wyk

Aanlyn vertoning moontlik gemaak deur SPAR.


AFRIKAANS: Hannes van Wyk vertolk die rol van Reghardt Roberts van Aswegen wie se hele lewe, menswees en bestaan om die een vrou draai wat hom in die lewe gebring het. Dit is 'n drama waar die lag en die traan baie naby aan mekaar loop: die band tussen 'n ma en haar kind, hulle lewensreis saam, die pyn en onvermydelikheid van oudword en hoe ons soms ons grootste foute kan verdedig, omdat dit uit liefde gedoen is.

Dis 'n tipe knop-in-die-keel, tong-in-die-kies kykie na die dinge waarmee die meeste mense hul kan vereenselwig, en uiteindelik die een ding wat ons almal bind: die bleddie getik-tok van die klok wat niemand die aardigheid van oudword (en dan ook siekte) spaar nie.

Dit is 'n storie vir elke lid van die gesin en beloof om te sorg vir humor, maar ook lag met 'n traan. Elkeen wat 'n ma het, gehad het of sélf 'n ma is, moet hierdie langverwagte teaterstuk sien.

Woorde van die gerekende teaterresensent Paul Boekkooi oor die eenmanstuk “ Sê groete vir ma” :

“MEES MENSLIKE DRAMA OP FEES.”

“DIE GEHOOR WAS VAN DIE EERSTE TOT DIE LAASTE TONEEL VASGEVANG.”

“HANNES VAN WYK LEWER `N KRAGTOER OP DIE VERHOOG.”


Online streaming made possible by SPAR.

ENGLISH: In his one man play, “Sê groete vir ma”, Hannes van Wyk portrays the character of a young man, Regardt Roberts van Aswegen, who`s entire development, well-being and ill-being revolve around the person who brought him into this world….his mother.

It is the telling of a story in which laughter and sorrow walk the tight rope together. A story of the strong bond between a mother and her son that justifies our sometimes biggest mistakes because they were made in the name of love.

We join Regardt during his formative years, a sensitive child growing up on a farm, having to grasp and master the intricacies of becoming a man under set, conservative rules and circumstances.

Everyone who has, had or is a mother should see this masterpiece…

Well respected theatre critic Paul Boekooi had, among other compliments, this to say about the show:   

“MOST HUMAN DRAMA AT THE FESTIVAL”

“A TOUR DE FORCE ON STAGE FROM VAN WYK”

“IT WAS NOTICEABLE HOW MANY MEN IN THE AUDIENCE WERE UNABLE TO HIDE AND SUPPRESS THEIR EMOTIONS”.