FREE OPTIONS

KERSSANGDIENS & PIEKNIEK SAAM MET CHRIS ELSE

Sun Nov 29, 18:30 - Sun Nov 29, 21:00

Vrystaat Nasionale Botaniese Tuin

ABOUT

Kom bou goeie herinneringe en sluit 2020 af op 'n hoogtepunt!


Lewende Woord Bloemfontein se jaarlikse kerssangdiens vind plaas op Sondagaand, 29 November om 18:30; die keer by die Botaniese tuine!


Bo en behalwe vir die belofte van 'n gesellige en feestelike atmosfeer, mooi oop ruimtes, en die samesyn van vriende en familie terwyl kersliedere gesing word, kan die publiek ook uitsien na 'n uitvoering deur die bekende Afrikaanse Country & Gospel sanger, Chris Else!


  • Hekke open 17:30 en die vertoning begin 18:30.
  • Kaartjies beloop R100 per persoon of R50 per kind. Kinders onder 12jr. betaal geen toegangsfooi nie.
  • Jy kan ook 'n smullekker piekniekmandjie vooraf by Theunie Klopper bestel óf bring gerus jou eie! (Kontak Theunie by: 082 394 6747)


Neem asb. kennis dat Covid-19 regulasies geld & dat getalle tot 450 persone beperk moet word. Bespreek dus jou kaartjie vroegtydig om teleurstelling te voorkom!


Nooi jou vriende & familie en kom geniet die aand saam met ons! Sien jou op 29 November!

DIRECTIONS

KERSSANGDIENS & PIEKNIEK SAAM MET CHRIS ELSE
Vrystaat Nasionale Botaniese Tuin
Rayton Rd, Dan Pienaar, Bloemfontein, 9301
Get Directions