FREE OPTIONS
Family friendly

'n Stukkie Kersfees in Swakopmund - André Schwartz

Sun Nov 29, 19:00 - Sun Nov 29, 20:15

Rössmund Golf Resort

ABOUT

André Schwartz kom maak 'n Namibiese draai en kuier in Swakopmund by Rössmund Golf Resort. Begelei deur klawerbord en kitaar gaan dit voorwaar 'n feestlike aand wees. Beste van alles is die konsert is heeltemal gratis. André wil graag teruggee na 'n moeilike jaar vir almal - nie net finansieël nie maar ook emosioneel.

 

Kom kuier saam in die opelug by die pragtige Rössmund vir slegs een aand as hy al die snitte vanaf sy nuwe Kersfees-album getiteld, 'n Stukkie Kersfees, sing.

 

Kaartjies is beperk weens COVID-regulasies - so maak seker jy 'bespreek' joune vroegtydig.

 

Eet en drinkgoed sal beskikbaar wees by die venue. Stoele sal voorsien word!

 

ONTHOU om 'n geskenk vir 'n kind saam te bring as jou toegang op die aand. Ons sal die speelgoed aan behoeftiges in die area skenk in die gees van teruggee oor die feesseisoen!