Family friendly
Gifberg Spook 2021
Fri Mar 26, 18:00 - Sun Mar 28, 10:00
Gifberg Holiday Farm, Vanrhynsdorp
ABOUT
"Gifberg Spook, die bonzai-fees van die jaar!"
Waar: Gifberg Holiday Farm, Vanrhynsdorp
Selfoonsein: GEEN
Grondpad: JA
Kampplek: INGESLUIT BY KAARTJIE
Kos en kroeg: BESLIS
Lekker mense: BAIE
Om op te maak vir Gifberg 2020 se uitstel, maak ons hierdie een beter as ooit!
Hier is die line-up:
Die Melktert Kommissie
Sunset Sweatshop
Spoegwolf
TWEE
Glaskas
Gian Groen
Wouter vd Venter
Melt Sieberhagen
Lize Mynhardt
Steyn de Wet
Abel Kraamsaal
Len Muller
Herman Kleinhans
Wat om te bring:
- Kamp goed. Alle kampgoed wat jy en jou ouers besit.
- Swemklere
- Stapskoene
- Kampstoel
- Kontant
- Jy is welkom om jou eie kos en drank te bring
- Daar is braai plekke maar bring portable braai indien jy het.
- 'n Goeie gesindheid en al die goed waarvan ons nou vergeet.
- Die Saterdagaand is daar 'n Spook-tema so indien jy wil opdress - daar sal pryse te wen wees! ;)
- Muskietverweerder en sonblok
Wat om te weet:
- Jy gaan 'n stukkie grondpad ry.
- Daar is slegs 200 kaartjies beskikbaar
- Dis informeel en gemaklik
- Staanplekke het nie krag nie
- Daar is nie 'n VIP area nie
- Indien jy 'n kaartjie gekoop het vir 2020 kry jy 'n gratis kaartjie
- Indien jy vol nonsens is met kos, bring asb jou eie ;)
Vir verdere inligting, kontak [email protected]