Hartsnaar - Jannie du Toit en Susan Mouton

Sat Oct 3, 20:00 - Sat Oct 3, 23:00

De Ark Guesthouse

ABOUT

HARTSNAAR
Jannie du Toit en Susan Mouton
 
Jannie en Susan verf in hierdie program met die wonderlike klankkleure wat die kombinasie van tjello,kitaar en stem kan bied. Hulle bekoor met Jannie se eie liedjies, maar ook met die werk van Christa Steyn, Lucas Maree, Louis van Rensburg en Koos du Plessis, ou vriende wat baanbrekers van stylvolle Afrikaanse musiek was.  Daarby kom immergroen gunstelinge uit sy jeugjare soos Op my ou ramkiekie uit die FAK, liedjies van sy helde soos die Beatles en Paul Simon en natuurlik ook van kabaretmeester Jacques Brel.  Daar is ook twee klassieke werke vir tjello waarvan Jannie een op die kitaar begelei , wat sorg vir merkwaardige verskeidenheid en ’n uitsonderlike aand van hartsmusiek.
 
“As Jannie du Toit ’n program aanbied, kan ’n mens altyd gerus wees: jy kry waarde vir jou geld en die meevoering van die oomblik bly jou lank agterna nog by”
Henriëtte Fowler (Resensie nav konsert op 28 Nov 2014 in Graaff-Reinet)

DIRECTIONS

Hartsnaar - Jannie du Toit en Susan Mouton
De Ark Guesthouse
37 Kantoor St, Lydenburg, 1120, South Africa
Get Directions