Kersfeesetes saam met SARIE

calendar
Wed Nov 25, 19:00 - Sun Nov 29, 16:00
location
Atlantic Studios

About

Geniet ’n vroeë Kersfees saam met ons. Ons doen dit in styl, en SARIE-kosredakteur, Herman Lensing, kook spesiaal vir elke ete.


Verlede jaar het ons SARIE se 70ste verjaardag met groot, gesellige etes om ’n langtafel gevier. Vir ’n hele week kon ons saam kuier en smul aan die feesetes wat spesiaal deur SARIE se kosredakteur, Herman Lensing, berei is.

En in 2020 maak ons weer so.

Tye het dalk verander, maar ons aptyt vir ’n heerlike ete geensins nie. Daarom het ons die datums vir ons groot kook en bederf by die Kokkedoor-stoor in Milnerton, Kaapstad, hernu en nooi ons jou, ons leser, vir ’n Kersete!


Kersfees. Dit voel of hierdie jaar reeds verby is en daarom wil ons ’n oomblik vir refleksie saam met jou skep, ’n oomblik waar jy jouself en jou geliefdes kan vier. ’n Samekoms, sodat jy met positiwiteit vorentoe kan kyk, en ’n rede om ’n glasie Robertson Winery-vonkelwyn te klink! Herman saam met 10 studente van die Stellenbosse sjefskool, die Institute of Culinary Arts, kook voor jou en wys hoe maklik ’n heerlike Kersspyskaart kan wees, maar nie saak waar jy kook nie.


Alle bestandele word met trots deur Checkers geborg.


TAFELS


Soos verlede jaar kuier ons om gesellige tafels op die stel van Kokkedoor in Kaapstad, terwyl Herman en sy span ’n vyfgang-feesmaal berei.

NB. Vanjaar bou ons hierdie tafels rondom jou bespreking. Jy moet dus vir al jou gaste op een slag betaal, sodat ons weet hoeveel van julle om ’n tafel sit. Ons kuier nie om 'n langtafel nie, maar eerder tafels met jou geliefdes. Hierdie is om te voldoen aan coronavirusregulasies. Die tafel sal onder jou naam op die aand wees.


INGESLUIT


Die prys sluit jou ete en drankies in asook bederwe van borge en SARIE.

Jy kry ook ’n resepteboekie met al die resepte van die feesmaal.


DATUMS


Woensdag 25 November 19:00

Donderdag 26 November 19:00

Vrydag 27 November 19:00

Saterdag 28 November 18:00

Sondag 29 November 13:00


PLEK


Atlantic Studios, Montague-rylaan 7, Montague Gardens, Kaapstad


KAARTJIES


R635 per persoon, alles ingesluit


*Indien jy enige navrae het, kontak [email protected]

Additional information

Refund policy Refunds allowed (view policy)

Location

Kersfeesetes saam met SARIE
Atlantic Studios
7 Montague Drive, Montague Gardens, Cape Town, 7441, South Africa
Get Directions Get Directions

Organiser

How can we help?