Family friendly

Refentse @ De Harte Venue

Sun Oct 25, 16:00 - Sun Oct 25, 18:00

De Harte Venue

ABOUT

REFENTSE NOOI JOU NA ‘N SIELSDIEPE

VERKENNINGSTOG, VERSKUIF GRENSE MET

“WANDEL IN MY WONING”


Refentse se blinknuwe album, “Wandel in my woning” is ‘n meesterstuk van

kleurryke diversiteit – een wat jou innooi na die diepste kamers van sy hart.

Dit wys dat hy volstoom aanhou om musiek te maak vir lekker kuier, maar ook dat

hy oorgehaal is om dit wat ons van musiek en liriek verstaan uit te daag, werklik

nuut te skep en grenslyne met reusespronge te verskuif.


In die elf snitte wat die album omvou, word die liefde gevier, gemeenskaplike

grond verken, die goeie in die lewe geniet, stereotipes gekonfonteer en die soeke

na dit wat dieper en hoër as onsselfis met ‘n treffende broosheid en egtheid in

woord en melodie vasgelê.


Die album is net so ryk aan taal- en musiekstyl-verskeidenheid as wat dit aan

inhoud is, met Afrikaans, Engels, Sesotho, Zulu, rock, boeremusiek, mbaqanga,

reggae, techno, alternative, rock ‘n roll, ‘n goeie dosis kletsrym en meer wat

saam om een vuur sit en kuier en deurgans verras met ongewone progressiesen

onverwagte wendings. Dis tegelyk diep poëties, eksperimenteel, tong in die kies

en loslit-lekker!


Snitte soos “What a boytjie”, “Daai deng”, “Sannie die loopdop” en “Dans Meraai” is

gerat vir ‘n amper onverantwoordelik lekker partytjie, terwyl – aan die ander kant

van die spektrum – snitte soos “LeweBoerkind”, “Johannes” en die aangrypende

“Stormnag” nie skroom om tot in die diepste diep te delf nie. Die middel van dié

twee pole word uitstekend gevul deur onder meer “Wondervrou” en “Trippe

Trappe Trone”, waarop die titel van die album gebasseer is.


“Wandel in my woning” is ‘n juweel van nuutskeppings en die verpersoonliking

van eenheid in diversiteit – ‘n album wat jou versameling sonder enige twyfel sal

verryk... en jou nie dieselfdemens aan die ander kant van die luister sal laat

uitstap nie.







Koop jou kaartjie vandag nog, nooi jou vriende en kom maak sommer 'n tafel vol.


Hekke open om 13h00 die middag, jy kan dan rustig kom sit en kuier by die Kontant Kroeg.

Daar sal springkastele wees vir die kinders.

Kos stalletjie sal op die gronde wees as jy honger raak asook 'n LEKKER KOFFIE stalletjie!


Kaartjie pryse as volg:

Volwasse Kaartjie @ R 180 p/volw

Junior Kaartjie (onder 12 jaar van ouderdom) @ R 120 p/kind

Kinders onder 7jaar van ouderdom word gratis toegelaat

Tafel besprekings word aanvaar slegs as volle tafel volgemaak kan word.


GEEN DRANK WORD VERKOOP OF BEDIEN VIR PERSONE ONDER DIE OUDERDOM VAN 18JAAR!!!


Sien jou daar!!!

DIRECTIONS

Refentse @ De Harte Venue
De Harte Venue
206 Rentia St, Onderstepoort, Pretoria, 0110
Get Directions