Mathys Roets @ The Winelands

Thu Oct 8, 19:00 - Thu Oct 8, 22:00

The Winelands @ Boschenmeer

ABOUT

Mathys Roets – Reën


Mathys Roets stel eerste album in 9 jaar bekend en saam met dit kom ‘n splinternuwe vertoning!

In tipiese Mathys Roets-styl is elke liedjie met diepte en warmte gevul. Wat hierdie vertoning en album so spesiaal maak is die samevloei van die digkuns en musikale vernuf. 

Elke lied kry dit reg om jou met nostalgie te laat terugdink aan spesiale oomblike uit ’n ander lewe. Dis asof liriek en melodie saamspan om jou te laat ontvlug na alles waarvan jy reeds vergeet het.

Saam met enige Mathys Roets vertoning, kan jy altyd uitsien na ou bekendes en nou ook die splinternuwe Leonard Cohen lied, “Thanks for the Dance”.

Kom geniet hierdie nuwe musiek saamgesnoer met ou bekendes vir ‘n heerlike aand van vermaak in ‘n intieme omgewing.

DIRECTIONS

Mathys Roets @ The Winelands
The Winelands @ Boschenmeer
848 Wemmershoek Rd, Boschenmeer Golf Estate, Paarl, 7646
Get Directions