Pietman Geldenhuys @ The Winelands

Sat Oct 3, 19:00 - Sat Oct 3, 22:00

The Winelands

ABOUT

Pietman is meer as net die mede-aanbieder en storieverteller soos gesien op Kyknet se OPPIE STOEP. Hy is ook ‘n liedjieskrywer en sanger 

in eie reg.  Iewers skuil daar ook die Skotse persona wat mense bekoor het met sy weergawes van die Skotse liede “Flower of Scotland” en “Loch 

Lomond”.  Hy verras keer op keer met sy skreeusnaakse stories (uit volksbesit en eie ervarings), improvisasie van bekende Suid-Afrikaanse karakters 

(Tolla van der Merwe, Nico Nel, Arno van Zyl, ens) en ook liedjies wat hy op die ingewing van die oomblik net daar voor die gehoor se oë komponeer en toonset, met gebruik van die gehoor se voorstelle en woorde. ‘n Tipe ode aan die gehoor. Die manier waarop Pietman op sy voete dink en die gehoor oorrompel met sy spitsvondighede maak hom eie in sy soort. Hy het dit reggekry om die perfekte balans te vind tussen ligte humor, skaterlag vermaak, geliefde liedjies en die erns in sy eie musiek.

DIRECTIONS

Pietman Geldenhuys @ The Winelands
The Winelands
848 Wemmershoek Rd, Boschenmeer Golf Estate, Paarl, 7646
Get Directions