OPPiHOEK Musiek Aand
Sat Sep 26, 16:00 - Sat Sep 26, 23:00
OPPiHOEK
ABOUT
OPPiHOEK Musiek Aand
Aangebied Deur:
Roy Vaden Productions
Be Your Dream
Die lente het uiteindelik aangebreek! Dis die groen gras, kleurryke blomme en bye wat zoem seisoen.
Ons kondig met trots ons eerste amptelike musiek produksie aan. Die produksie gaan plaasvind by "OPPiHOEK". Kom luister gerus saam na ons opwindende lys van kunstenaars wat jou sal vermaak die hele aand. Bring jou piekniek mandjie, stoele, ietsie om te drink, kos, eetgerey en enige ander benodighede vir die geleentheid. Braai geriewe vir die entoesiaste onder ons sal ook beskikbaar wees.
Vooraf Gepakte Piekniek Mandjies
As jy nie lus is om jou eie piekniek mandjie te pak nie, het ons nou ook die opsie vir jou om 'n vooraf gepakte piekniek mandjie te bestel ter selfde tyd wat jy jou kaartjie bespreek! Ons peusel mandjies is geskik vir twee persone teen R300.00. Bestel nou jou mandjie deur gebruik te maak van ons aanlyn kaartjie verkope webwerf.
Ons Is Opsoek Na Talent!
Vir die eerste uur voor die amptelike begin van die konsert, gaan ons die verhoog oorgee aan nuwe talent om bietjie te wys wat hulle het om te offer. So as jy 'n opkomende sanger is of selfs net dink jy het wat dit benodig, laat weet ons per epos by: [email protected]
Stalletjies By OPPiHOEK
As jy 'n belangstellende entrepreneur is wat graag jou ware ten toon wil stel by ons geleentheid, laat weet ons gerus. Enige kos, kunswerke, handgemaake of interessante items sal oorweeg word. Om 'n stalletjie op te sit, kontak ons gerus deur middel van epos by: [email protected]
Die geleentheid het ongelukkig geen kredietkaart en/of bank fasiliteite beskikbaar nie so maak seker jy bring genoeg kontant indien jy die uitstallers wil ondersteun. Maak ook asb seker dat jy genoeg bring om te eet en drink synde daar geen verversings verskaf word tydens die konsert nie. Maak so ook asb seker om jou kaartjie saam te bring om deur die hek te kom. Reg van toegang word voorbehou.
Aktiwiteite op Aanbieding:
- Musiek Konsert
- Vleis Braai
- Boma Vuur
- Spring kasteel vir die kinders
- Perdry
Fasaliteite Beskikbaar
- Braai Geriewe
- Boma Vuur
- Vars Water Punt
- Toilette
- Veillige Parkering
- Snoep Stalletjie
- Frieskas met Ys
Vir meer besonderhede oor die geleentheid, besoek gerus ons webwerf: www.royvaden.com/events
Kom kyk gereeld vir meer besonderhede oor toekomstige geleenthede en feeste.
LET WEL
Enige persoon wat toegang tot die eiendom verkry doen dit op eie risiko. OPPiHOEK, Roy Vaden Productions en Be Your Dream sal geen verantwoordelikheid aanvaar vir enige skade, beserings of afsterwe veroorsaak deur vuur, diefstal of enige ander oorsake nie. OPPiHOEK behou die reg om toegang voor te hou.