FREE OPTIONS
Family friendly

'n Stukkie Kersfees in Windhoek - André Schwartz

Fri Nov 27, 19:00 - Fri Nov 27, 20:15

Droombos

ABOUT

André Schwartz kom maak 'n Namibiese draai en kuier in Windhoek by Droombos op Vrydag 27 November 2020. Begelei deur klawerbord en kitaar gaan dit voorwaar 'n feestlike aand wees. Beste van alles is die konsert is heeltemal gratis. André wil graag teruggee na 'n moeilike jaar vir almal - nie net finansieël nie maar ook emosioneel.

 

Kom kuier saam in die opelug by die pragtige Droombos vir slegs een aand as hy al die snitte vanaf sy nuwe Kersfees-album getiteld, 'n Stukkie Kersfees, sing.

 

Kaartjies is beperk weens COVID-regulasies - so maak seker jy 'bespreek' joune vroegtydig. Die konsert begin om 19h00, aankoms vanaf 18h00.

 

Iets te ete en drinke sal te koop wees Droombos, GEEN kos of drank mag saamgebring word nie. Bring jou eie kampstoel saam en kom kuier saam met ons!

 

ONTHOU om 'n geskenk vir 'n kind saam te bring as jou toegang op die aand. Ons sal die speelgoed aan behoeftiges in die area skenk in die gees van welwillendheid oor die feesseisoen! Speelgoed sal by die hekke afgegee kan word in spesiale areas.