Family friendly

Dinsdagdromer: ’n SARIE-saamkuier met Donnalee en Simoné

Tue Sep 29, 19:30 - Tue Sep 29, 21:30

Event is online

ABOUT

+ spesiale gas, sanger en fotograaf Willem Botha!


Dinsdagdromer is ’n maandelikse SARIE-kuiersessie met Donnalee Roberts en van ons land se inspirerendste vroue. Elke kuier het sy eie tema met een van SARIE se gunsteling-bekendes wat haar storie met Donnalee deel, asook ’n praktiese sessie gekoppel aan die tema wat deur ’n kenner aangebied word.


En soos altyd is die vloer oop vir jou om vrae te vra en raad van ons gaste te kry.


Dis September en ons gesels vernuwing, fokus en foto's!


In die somer gee iets so eenvoudig soos die son wat vroeër opkom en later sak, ’n mens nuwe energie. Jy het energie vir nuwe idees aanpak, om jouself te herontdek of te herontwerp, energie om weer op sosiale media te klim en foto’s op te laai en ook energie om jou daaglikse roetines omver te gooi en van voor af te begin.


Dís die plek waar ons jou vandeesmaand ontmoet. Daardie opwinding wat jy in jou voorkoms, beroep of persoonlike handelsmerk wil inblaas, benodig nou net rigting en die raad van ’n kenner.


En wie anders om vir ons te leer van skuiwe maak en jouself herdefinieer as Simoné Pretorius!

Simoné het oor die jare verskeie skuiwe gemaak – van 7de Laan, na flieks, sy’s deel van die geliefde Hotel en het onlangs Binnelanders gegroet. Sy vind haarself gereeld op nuwe terreine. Op sosiale media gesels sy ook al vir jare. Sy dans, wys ons haar snaakse foto’s, gee ons ’n blik in haar wêreld. Sy vertel ons ook oor kwessies waaroor sy sterk voel. Op 29 September gaan sy ons leer hoe sy gereeld nuwe lewe in haar loopbaan blaas asook haar persoonlike handelsmerk vernuwe.


Sy deel ook raad oor hoe om outentiek te bly aanlyn, al dra sy verskeie hoede – nes jy. As ’n handelsmerk, beroepsvrou, vrou, vriendin, entrepreneur wil jy altyd aanhou beweeg en groei, maar seker maak jy bly eg aan jouself. Jy voel ook dalk bang oor ’n idee/stokperdjie/droom wat jy wil vervolmaak, so ons vra Simoné hoe jy jou beste voetjie kan vind om voor te sit.


Om ook te help met daardie eerste stap is ons gunsteling-sanger en fotograaf Willem Botha

Willem praat uit twee oorde: as verhoogkunstenaar en ook as fotograaf. Hy weet hoe jy jou beste eienskappe kan beklemtoon en daardie unieke kenmerke kan laat straal!


Ons vra Willem om praktiese wenke met ons te deel: Hoe straal ek selfvertoue uit as ek twyfel aan die binnekant? Hoe neem ek ’n mooi foto vir sosiale media of my eie besigheidskaartjies? Hoe vind ek my beste angle?


Om hierdie skuiwe te dokumenteer en jou beste voetjie voor te sit, het ons vandeesmaand My LifeStory en Labelle aan boord om jou te bederf!

 

Die My LifeStory-app maak dit moontlik om daardie oomblikke wat jy afneem, in ’n pragtige gebinde fotoboek te verewig. Hoe gepas dat jy hierdie venuwende seisoene in jou lewe kan vasvang en na terugkyk!


Labelle, ’n aanlynwinkel vir haar-en skoonheidsprokukte, gee ook pryse weg – so groot soos geskenkbewyse ter waarde van R1 000! Elke gas sal ook ’n afslagkoepon ontvang om hul beste “skoonheidsvoetjie” voor te sit!


Deel hierdie Dinsdagdromer-aand met jou vriendinne deur ’n toegangskaartjie vir twee te koop, en maak seker almal weet dat Dinsdagaand jóú aand is. Ons kan nie wag om saam met jou te kuier nie.