Digitale Learning Community 15 Oktober 2020

Thu Oct 15, 10:00 - Thu Oct 15, 13:00

Event is online

ABOUT

Ekerk bied met trots ’n volgende Digitale Learning Community aan op Donderdag 15 Oktober 2020.


Ivan Illich is een keer gevra wat hy dink die doeltreffendste manier is om die samelewing te verander. Sy antwoord...



"If you want to change society, he said, then you have to tell an alternative story."


Dit is met hierdie gedagte van Ivan Illich dat ons die dag wil saam dink oor hoe so 'n ander verhaal sal lyk. Ons is bevoorreg om Prof Leonard Sweet as 'n gas spreker te hê die oggend. Hy is 'n internasionale spreker en skrywer waar hy die gawe het om te kommunikeer hoe belangrik so 'n alternatiewe narratief is vir die kerk, asook hoe so 'n moontlike narratief kan lyk.


Onswil egter ook baie klem plaas die oggend oor hoe so 'n anderse verhaal kan lyk in Suid Afrika. Ons het ook 'n klompie kenners vanuit Suid Afrika wat saam gesels die dag. Ons het vir Prof Jan-Albert van den Berg en Prof. Kobus Schoeman beide van die Fakulteit teologie en Religie, Universiteit van die Vrystaat. Ons het vir Callie Roos, Leierskapkonsultant, Skrywer as 'n spreker asook vir Ds Michelle van Tonder, leraar te Kempton-Kruin. Ons het ook vir Dr Roelof Botha wat 'n bekende ekonoom is om saam te gesels oor hierdie tema die oggend. Prof Stephan Joubert gaan die dag vir ons fasiliteer asook 'n sessie behartig tydens die oggend.


Moet nie hierdie unieke leergeleentheid misloop nie!

 

Tema: Vertel en leef 'n ander verhaal - Christus S'n!


Plek: Regstreeks deur middel van video


Jy het net ‘n internetkonneksie nodig waar jy saam gaan kyk op video na die regstreekse uitsending van die dag. Die geleentheid is REGSTREEKS en die OPNAME GAAN SLEGS VIR 4 URE NA DIE GELEENTHEID BESKIKBAAR WEES om weer daarna te kyk. Neem asb kennis dat jy moet betaal en registreer om deel te neem. Geen betaling of registrasie, geen toegang.*


Tyd: 10:00 – 13:00


Datum: 15 Oktober 2020


Koste: R50 pp


Neem asb kennis dat die kaartjieverkoope sluit om 15 Oktober 06:00.

 

Sprekers vir die oggend:



  • Prof Leonard Sweet (USA): The Gospels as alternative, life-changing narratives.
  • Prof Jan-Albert van den Berg (Faculty of Theology and Religion, UFS): In conversation with Len Sweet.


The first session with Len Sweet is in English, The other sessions are in Afrikaans.



  • Prof. Kobus Schoeman (Fakulteit teologie en Religie, UFS). Gemeentes en predikante - skuiwe in die bediening tydens ‘n pandemie. 
  • Callie Roos, Leierskapkonsultant, Skrywer: Die "In Christus" lewe, die alternatief. 
  • Ds Michelle van Tonder, Kempton-Kruin: V(i)r-ander-ing bring Verandering.
  • Dr Roelof Botha, Bekende ekonoom: Ekonomiese herstel is op spoed. Nuwe moontlikhede wag. 
  • Prof Stephan Joubert: By Jesus se vuur is daar hitte en veiligheid.


Daar sal 5 VBO-punte toegeken word vir die bywoning van hierdie leergeleentheid. Daar gaan slegs VBO punte toegestaan kan word indien jy 'n kaartjie gekoop het.


* Reg van toegang voorbehou deur ekerk direksie