Bernice West - Pizza saam Bernice West
Sat Sep 26, 18:30 - Sat Sep 26, 21:00
De Harte
ABOUT
Bernice West - Die nuwe stem in Suid-Afrika
“My musiek is nie ‘n eentonige vanilla milkshake nie...alhoewel baie mense van vanilla hou kan ek belowe dat jy jou vanilla daarin sal kry...net soos wat almal anders ‘n lucky packet vol verskillende smake daarin sal ontdek.”
Bernice West spog tans met nie net die nommer 1 enkelsnit, maar ook met die nommer 1 album in Suid-Afrika.
Die verskeidenheid in haar musiek maak dat sy perfek by jou funksie/fees/geleentheid sal aanpas, of dit nou ‘n rock verhoog of ‘n akoestiese vertoning is, beloof sy om die gehoor te verstom met een van die sterkste stemme wat ons land het om te bied
Dalk het jy haar al op die Radio gehoor of op die TV gesien, miskien is dit nou tyd om haar by jou fees te kry.
Haar album se titel is NET GELEEN .... “omrede niks van hierdie geleenthede wat aan my gebied is aan my behoort nie, maar dit alles deur die genade van God net aan my geleen is.”
“Ons was lus om heeltemal uit die boks uit te klim met die album en om iets te maak wat niemand al gehoor het nie.”
Koop jou kaartjie vandag nog, nooi jou vriende en kom maak sommer 'n tafel vol.
Hekke open om 15h00 die middag, jy kan dan rustig kom sit en kuier by die Kontant Kroeg.
Daar sal springkastele wees vir die kinders.
Kos "PIZZA" sal bedien word vanaf 17h00 en die vertoning begin 18h30
Kaartjie pryse as volg:
Volwasse Kaartjie @ R 180 pp Pizza ingesluit
Junior Kaartjie (onder 12 jaar van ouderdom) @ R 120 pp Pizza ingesluit
Kinders onder 7jaar van ouderdom word gratis toegelaat
GEEN DRANK WORD VERKOOP OF BEDIEN VIR PERSONE ONDER DIE OUDERDOM VAN 18JAAR!!!
Sien jou daar!!!