Family friendly

Inryteater met Jay, Leah, Willem Botha & Lee Scott

Sat Oct 17, 19:00 - Sat Oct 17, 22:00

Atlantic Inryteater

ABOUT

Maak seker jy is deel van hierdie spesiale aand met die amptelike opening van Atlantic Inryteater in Kaapstad. Jy kan in jou motor kuier en die konsert op een massiewe skerm geniet. Kosstalletjies is beskikbaar en Tiaan van Kokkedoor-faam maak die kos en die kunstenaars sal na die konsert gesig wys!


Ons gaan lekker musiek maak met Jay, Leah, Willem Botha en Lee Scott saam op die verhoog - 3 ure se topklas vermaak. Kaartjies is slegs R300 per motor vir 4 x persone of R375 per motor vir 5 x persone so 'n skamele R75 per persoon. Daar is ook 50 x VIP kaartjies in die studio beskikbaar teen R120 per persoon.


Moenie hierdie ervaring misloop nie!


Pre-order jou gourmet worsbroodjie en drinkding sommer nou aanlyn https://forkitevents.co.za/product/gourmet-worsrol-and-soft-drink/ sou jy wou of op die aand by die kosstalletjie is daar verskeidenheid van peuselhappies om van te kies.


DIRECTIONS

Inryteater met Jay, Leah, Willem Botha & Lee Scott
Atlantic Inryteater
7 Montague Drive, Montague Gardens, Cape Town, 7441
Get Directions