Dinsdagdromer: ’n SARIE-saamkuier met Donnalee en Marciel

Tue Aug 25, 19:30 - Tue Aug 25, 21:30

Event is online

ABOUT

+ spesiale gaste Rolene & Ledivia Strauss!


Dinsdagdromer is ’n maandelikse SARIE-kuiersessie met Donnalee Roberts en van ons land se inspirerendste vroue. Elke kuier het sy eie tema met een van SARIE se gunsteling-bekendes wat haar storie met Donnalee deel, asook ’n praktiese sessie gekoppel aan die tema wat deur ’n kenner aangebied word.

 

En soos altyd is die vloer oop vir jou om vrae te vra en raad van ons gaste te kry.

 

Dis Augustus en ons gesels oor groei uit teleurstellings


“’n Blom is ’n saadjie wat uit ’n donker plek gebore word", sê Donnalee.


Lente is amper hier! Ons kyk in Augustus terug na ’n jaar van onsekerheid, teleurstellings en terugslae. Maar ons pak die nuwe seisoen aan met wysheid, lesse, inspirasie en bowenal hoop.


“Happiness is not cancelled,” is immers een van die slagspreuke van SPAR se Virtual Challenge, wat trots die praatjie saam met ons aanbied. Die jaar het nie noodwendig uitgedraai soos wat ons verwag het nie, maar nes SPAR se wedloop is die lewe ’n reis wat jy teen jou eie pas aanpak, en nie ’n resies na sukses nie. 

 

Op die kuierbank is die nuwe aanbieder van Boer Soek ’n Vrou en lewensafrigter Marciel Hopkins. Sy ken sukses, maar ook teleurstellings. Agter haar oorwinnings lê baie mense wat vir haar “nee” gesê het, en geleenthede wat nie na haar kant toe gekom het nie. Sy het egter deur hierdie ervarings geleer, en sy gaan deel hoe sy terugslae oorkom het, maar dit ook gebruik het om te groei. Marciel gaan ook praktiese stappe deel waarmee jy jou drome en lewenspaadjie met ’n nuwe perspektief kan benader. 


Vandeesmaand het ons ook die susterspan op die digitale verhoog, Rolene en Ledivia Strauss! Winter is bekend daarvoor om ons ongesond agter te laat, maar in 2020 was dit boonop grendeltyd ook! Jy voel dalk fisies en emosioneel ongesond, maar Rolene en Ledivia meen jy kan gesonde gewoontes aanleer en ’n leefstylplan vind wat werk vir jóú. Rolene sal in gesprek met Ledivia wees en sal hulle praktiese, maklike en volhoubare gesondheidswenke deel wat jou inspireer en bemagtig om jou gelukkigste, gesondste liggaam te vind.

Spesiaal vir jou deel hulle ook ’n afslagkoepon met alle Dinsdagdromers vir hul nuutste aanlynkursus, Healthy Eating 101. Hierdie aanlynkursus bestaan uit 5 modules wat jou sal help met gesonde eetgewoontes, maar ook sal leer hoe om die plakkers op jou kos te verstaan en wat die waarheid is rondom die grootste gesondheidsmites. Dit bevat ook 36 resepte vir ontbyt, drankies, aandetes en peuselhappies.


Hierdie maand se aanlyn kuier word moontlik gemaak deur SPAR se virtuele uitdaging aan vroue: #BeSunshine! Sluit aan by #BeSunshine op sosialemedia-platforms en jy kan ook tydens ons kuier pryse van SPAR wen.


Deel hierdie Dinsdagdromer-aand met jou vriendinne deur ’n toegangskaartjie vir twee te koop, en maak seker almal weet dat Dinsdagaand jóú aand is. Ons kan nie wag om saam met jou te kuier nie.