My Ruk in Rio-Emile Minnie

Fri Aug 14, 19:00 - Mon Aug 31, 22:00

Event is online

ABOUT

Emile Minnie: My ruk in Rio


Sanger, pianis en liedjieskrywer Emile Minnie is op die virtuele verhoog met 'n nuwe Afrikaanse produksie. Hy sê self:

 “Ek was laas jaar op 'n ses maande sabbatsreis in Rio de Janeiro. Ek het Portugees geleer by 'n taalskool, wonderlike nuwe vriende gemaak en vir 'n maer tannie met 'n hengse wit bolla klavier gespeel.

Tydens lockdown, terug in Suid-Afrika, het ek my swaer se kamera geleen, myself geleer hoe om musiekvideos te maak, en toe sit ek 'n show aanmekaar in my sitkamer vir 'n virtuele gehoor. Ek vertel wat ek als in Rio beleef het, en ek sing liedjies wat ek geskryf het terwyl ek daar was.

Ek nooi jou nou om die reis virtueel met my mee te maak. Kom sit, en kom geniet die musiek en die stories saam met my. Hopelik sal jou heupe ook jeuk om te swaai, en sal die musiek jou ook ontroer. “

Emile Minnie het derde plek behaal in die Huisgenoot liedjieskryf-kompetisie, hy is benoem vir 'n Kanna by die KKNK, en hy is deur Laurika Rauch beskryf as een van ons land se top liedjieskrywers. Maak seker jy kry vir Emile te sien in sy nuwe show, “My ruk in Rio”.

www.facebook.com/emileminniemusic