Dinsdagdromer: ’n SARIE-saamkuier met Donnalee en Rolene

Tue Jul 28, 19:30 - Tue Jul 28, 21:30

Event is online

ABOUT

+ grimeerkunstenaar Suna Robberts!


Dinsdagdromer is ’n maandelikse SARIE-kuiersessie met Donnalee Roberts en van ons land se inspirerendste vroue. Elke kuier het sy eie tema met ’n SARIE-voorbladster wat haar storie met Donnalee deel, asook ’n praktiese sessie gekoppel aan die tema wat deur ’n kenner aangebied word.

 

En soos altyd is die vloer oop vir jou om vrae te vra en raad van ons gaste te kry.

 

Dis Julie en ons gesels selfvertroue

 

Winter is hier en tydens hierdie probeer-warm-bly- asook binne-bly-seisoen omarm ons praktiese lesse wat jou selfvertroue ’n hupstoot gee. Ja, ons gaste glo jy kan dit vir jouself leer. Deur selfondersoek en oefening kan jy van binne na buite straal! Heel gepas word hierdie aand moontlik gemaak deur SPAR, wat ook glo dis tyd om te straal. #BeSunshine sê ons saam met hulle.

 

Op die kuierbank en voor die skerm is ons geliefde SARIE-voorbladster en Mej. Wêreld 2014, Rolene Strauss! In Januarie 2019 het Rolene ingeskryf vir ’n meestersgraad in bestuursafrigting by die Universiteit Stellenbosch se Sakeskool. Haar navorsing was baie persoonlik, soveel so dat sy haar eie selfvertroue herontdek het.

 

En dis presies wat sy met ons gaan deel: stappe, oefeninge en vrae aan jouself wat jou bewus maak van jou emosies en help om beheer terug te neem. Rolene glo jy kan werk aan jou selfvertroue en gee ons ’n eksklusiewe kykie na haar aanlyn kursus, Rediscover Your Self-Confidence. Die kursus word hierdie week bekend gestel en alle Dinsdagdromers sal ’n afslagkoepon kry.


En omdat ons weet hierdie maande voor die rekenaarskerms is vreemd en dat jy dalk die lus vir mooimaak verloor het, nooi ons grimeerkunstenaar Suna Robberts na ons Dinsdagdromer-verhoog.

 

Suna se naam loop haar vooruit soos sy al bekendes mooigemaak het – onlangs ook die voorbladsterre vir SARIE se Julie-uitgawe, Donnalee en haar man, Ivan Botha. Suna gaan jou wys hoe jy hierdie winter die tyd in jou huis kan gebruik om grimeervoorkomste te oefen waarvoor jy nie voorheen tyd gemaak het nie. Sy gaan vrae beantwoord soos: Hoe kry ek die lae van my ooggrimering reg en hoe werk contouring? Hoe gebruik ek die verskillende bruin oogskadu’s in my palet? En hoe kan ek in ’n paar vinnige stappe my dagvoorkoms omskep in ’n voorkoms vir ’n aand uit?

 

En as jy graag nog meer wil weet, gee Suna Dindagaand ’n persoonlike aanlyn klas vir een gelukkige Dinsdagdromer en 4 vriendinne weg!

 

Hierdie maand se aanlyn kuier word moontlik gemaak deur SPAR se virtuele uitdaging aan vroue: #BeSunshine! Sluit aan by #BeSunshine op sosialemedia-platforms en jy kan ook tydens ons kuier pryse van SPAR wen.

 

Deel hierdie Dinsdagdromer-aand met jou vriendinne en maak seker almal weet dat Dinsdagaand jóú aand is. Ons kan nie wag om saam met jou te kuier nie.