Koop jou Kersete!

Tue Nov 17, 17:00 - Tue Nov 17, 18:00

Atlantic Studios

ABOUT

Koop jou Kersete vir Woensdag, 18 November!


Verlede jaar het ons SARIE se 70ste verjaardag met groot, gesellige etes om ’n langtafel gevier. Vir ’n hele week kon ons saam kuier en smul aan die feesetes wat spesiaal deur SARIE se kosredakteur, Herman Lensing, berei is.

En in 2020 maak ons weer so.

Tye het dalk verander, maar ons aptyt vir ’n heerlike ete geensins nie. Daarom het ons die datums vir ons groot kook en bederf by die Kokkedoor-stoor in Milnerton, Kaapstad, hernu en nooi ons jou, ons leser, vir ’n Kersete!


Kersfees. Dit voel of hierdie jaar reeds verby is en daarom wil ons ’n oomblik vir refleksie saam met jou skep, ’n oomblik waar jy jouself en jou geliefdes kan vier. ’n Samekoms, sodat jy met positiwiteit vorentoe kan kyk, en ’n rede om ’n glasie Robertson Winery-vonkelwyn te klink!


Hoe werk dit?


Elke dag sal Herman en sy span van ICA-sjefs 100 Kersbokse voorberei:

* Om by die Atlantic Studios in Milnerton, Kaapstad, te gaan afhaal; of

* Om by jou huis in en rondom Kaapstad te laat aflewer.

* ’n Boks word opgemaak vir een persoon.

Die wegneemetes sal die minste moeite verg. Jy kry eenvoudige aanwysings saam met jou spesiale boks, sodat jy die perfekte Kerstafel vir jou of jou geliefdes kan dek.


Wat is in die Kersboks?


1. ’n Vyfgangmaaltyd deur Herman en sy span berei.

2. Jou bederf van Robertson Winery: Hul splinternuwe nie-alkoholiese vonkelwyn!

3. Kersgeskenke van jou SARIE-vriende.


Klik hier vir die spyskaart!


Tye?


Elke dag se boks-bestellings sal die vorige dag om 18:00 sluit.


Bestel jou boks vir Woensdag, 18 November, op hierdie blad. Gaan haal tussen 16:00 en 18:00 jou boks by Atlantic Studios/laat dit by jou huis aflewer.


Klik hier om jou boks vir Donderdag, 19 November, te bestel. Gaan haal tussen 16:00 en 18:00 jou boks by Atlantic Studios/laat dit by jou huis aflewer.


Klik hier om jou boks vir Vrydag, 20 November, te bestel. Gaan haal tussen 16:00 en 18:00 jou boks by Atlantic Studios/laat dit by jou huis aflewer.


Klik hier om jou boks vir Saterdag, 21 November, te bestel. Gaan haal tussen 16:00 en 18:00 jou boks by Atlantic Studios/laat dit by jou huis aflewer.


Klik hier om jou boks vir Sondag, 22 November, te bestel. Gaan haal tussen 11:00 en 13:00 jou boks by Atlantic Studios/laat dit by jou huis aflewer.

 

So kry jou Kerstafel gereed en haal die Kerskouse uit, want in November speel SARIE Kersvader!

DIRECTIONS

Koop jou Kersete!
Atlantic Studios
7 Montague Drive, Montague Gardens, Cape Town, 7441, South Africa
Get Directions