Die Burger Bruidkompetisie

Sat Jul 18, 16:30 - Sat Jul 18, 17:30

Event is online

ABOUT

Die kroning van Die Burger se Bruid van die Jaar is ’n hoogtepunt op die sosiale kalender. Weens die inperkings, vind die geleentheid vanjaar aanlyn plaas. Dit beteken selfs meer mense kan nou deel in die pret! Gaste sal die sprankelbruide ontmoet en meer oor hul troudag te hore kom. Die 12 finaliste sal sake uitspook en die wenbruid, eerste en tweede prinses, asook ‘n leserskeuse-wenner sal gekroon word. Bruide word vooraf beoordeel. Die sangeres Leah tree as seremoniemeester op en daar sal ook vermaak wees.