Huisgenoot Blokraai Regstreeks

Tue Jul 14, 20:00 - Tue Jul 14, 22:00

Event is online

ABOUT

BLOKRAAI REGSTREEKS kom kuier weer saam in die kuberruim

Huisgenoot se eerste aflewering van die kuberkuier Blokraai Regstreeks was so lekker, ons doen dit sommer weer!

As jy een van Huisgenoot se getroue blokraai-ondersteuners is, kan jy op Dinsdag 14 Julie om 20:00 jy inskakel vir ’n spesiale uur van plesier met een van ons voorste blokraai-opstellers, Gerda Engelbrecht. Vyf deelnemers kan boonop elk ’n Police Edison-vrouehorlosie ter waarde van R2 195 wen.


Wat behels dit? Jy skakel op 14 Julie 2020 om 20:00 in vir ’n spesiale blokraai-kuberkompetisie, waar jy kan deelneem deur vrae te vra, die antwoorde te gee en kommentaar te lewer.

Jy kan op jou selfoon inskakel, maar ons dink ’n rekenaar gaan beter werk. Eers bespreek Gerda haar pad met blokraaie, en daarna begin die spelery. Al die deelnemers gee hul voorstelle vir die antwoorde, Gerda oorweeg dit en vul dan die regte antwoorde in. So beantwoord die hele groep saam-saam die spesiale blokraai.

 

Hoe sluit jy aan?

Bespreek jou plek nou vir slegs R50. Jy sal ’n skakel ontvang, waarop jy op 14 Julie net voor 20:00 kan klik. Dit sal jou toegang gee tot die kuberkamer waar Gerda jou aanlyn sal verwelkom. Jy sal jou antwoorde en kommentaar in die kommentaarveld kan intik, en Gerda sal dit daar sien. Jy kan haar sien en hoor, maar sy sal jou nie kan sien nie – net jou antwoorde!


Wat sluit dit in? As deel van jou toegangsgeld van R50 kry jy ’n skakel na ons blokraaikuberkuier. By die skakel kan jy deelneem aan die blokraaikuier. Dis maklik: Jy koop jou kaartjie, registreer en klik dan bloot op die regte datum en tyd op die skakel wat jy sal ontvang om saam te speel. Na gelang van hoe knap jou mede-invullers is, sal die sessie tussen 60 en 90 minute duur. Jy kry ook ná die tyd ’n PDF-blokraaiboekie wat spesifiek en eksklusief vir hierdie byeenkoms saamgestel is. Dit bevat bonusblokraaie. Jy kan dit ná die tyd in jou eie tyd invul vir nog ontspanning en vermaak.


Let wel: Daar is ’n maksimum getal kuberkuiermense wat toegelaat sal word.


Wie is Gerda Engelbrecht? Gerda stel die afgelope dekade al blokraaie op vir Huisgenoot, sowel as vir baie van ons susterstydskrifte, soos YOU, tvplus, Tuis, Sarie, Weg, Finweek en Landbouweekblad. Sy is ’n blokraai-liefhebber by uitstek.