Huisgenoot MOOI!

Tue Jul 7, 20:00 - Tue Jul 7, 22:00

Event is online

ABOUT

Huisgenoot Mooi – Kom kuier saam in die kuberruim

Voel jy ná weke tuis allermins op jou beste?

Al het die inperking ons weke lank by die huis ingehok, was dit soms moeilik om uit te kom by mode en skoonheid – maar ons mis dit om mooi te voel! En noudat ons dit meer dikwels moet buite waag, wil ons graag weer ons voorkoms opkikker en ons vroulikheid vier.

Kom kuier saam met Huisgenoot en Minki van der Westhuizen tydens dié regstreekse aanlyn gesprek. Ons gaan gesels oor die uitdagings en lesse van die inperkingstyd, en oor die mode- en skoonheidsneigings wat kom. Jy kan ook jou vrae vra en ons paneel sal dit bespreek en beantwoord!


Wat behels dit?

Op Dinsdag 7 Julie kan jy om 20:00 inskakel vir ’n aanlyn gesprek oor mode en skoonheid. Huisgenoot se joernalis Charlea Sieberhagen-Grey sal met Minki van der Westhuizen en Abby-Gene Bissolati van Huisgenoot se leefstylspan gesels oor hul mode- en skoonheidswenke, die trends vir 2020 en hoe jy die mode en skoonheid-uitdagings van hierdie tyd te bowe kan kom. Skakel in en sluit aan by die gesprek!