Dinsdagdromer: ’n SARIE-saamkuier met Donnalee en Elana

Tue Jun 30, 19:30 - Tue Jun 30, 21:00

Event is online

ABOUT

+ ’n spesiale optrede van Bottomless Coffee Band


Met ons eerste aanlyn kuier in April het ons saam met vroue van reg oor die wêreld die boodskap #JyIsGenoeg uitgedra.

Ons het saam gelag en gehuil, maar ook praktiese lesse gedeel en vrae gevra om meer van mekaar en ons wêrelde te leer. Uit hierdie gedeelde oomblikke het die besef gekom dat so baie van ons steeds voel ons is nie genoeg nie en so is Dinsdagdromer gebore.

Jy is nie alleen nie en jy kán jou pad vorentoe anders aanpak as ons mekaar inspireer.


“You might say I’m a dreamer, but I’m not the only one,” sing John Lennon in sy bekende liedjie “Imagine”.


Dinsdagdromer is ’n maandelikse SARIE-kuiersessie met van ons land se inspirerendste vroue. Elke kuier sal sy eie tema hê met ’n SARIE-voorbladster wat haar storie deel, asook ’n praktiese sessie gekoppel aan die tema wat deur kenners aangebied word.

En soos altyd, sal die vloer oop wees vir jou om vrae te vra en raad van ons gaste te kry.

 

Dis Junie en ons gesels koffie!

Ja, al die koffie wat jy as ma drink (ook die een wat koud geword het nadat jy daarvan vergeet het) en dié wat jy geniet terwyl jy jou drome bewaarheid.


As ma en dromer het jy baie verantwoordelikhede en die stres en bekommernisse kan soms oorweldigend raak.


Maar weer eens, jy is nie alleen nie, en dís waaroor hierdie saamkuiers gaan; jou oomblik om weg te breek en saam te lag oor die foute, ’n bietjie te huil as jy jou kan vereenselwig met ’n staaltjie, en ook jou vrae te vra sodat jy kan sterkter vorentoe kan tree.


Op die bank saam met die nuwe ma Donnalee Roberts is Elana Afrika-Bredenkamp, ’n ervare ma.

Ons nooi jou, ma van baie, nuwe ma, amper-ma, die moederlike een in jou vriendegroep, die een wat drome vertroetel, die versorger van mense, diere en plante. Ons kan almal by mekaar leer. Sit die uur en ’n half opsy vir jouself, maak die heerlike koffieresepte wat SARIE vooraf met jou gaan deel en sit terug om saam te kuier.


Die laaste verrassing, Bottomless Coffee Band bederf ons met ’n persoonlike sitkamer-singsessie!