Huisgenoot Jou Kind: My Kind Is Angstig. Sessie 1: Ons Voel Almal So...

Wed Jun 17, 20:00 - Wed Jun 17, 21:30

Event is online

ABOUT

My kind is angstig

Sluit aan by ons spesiale aanlyn sessies vir kennersraad.

Dis vir ouers met kinders tussen twee en 12.


Die COVID-19-pandemie en inperking het ’n groot impak op jou kinders. Hulle voel angstig en verward en sukkel soms om hul emosies te verwoord. Jy wil help, maar spartel dalk om hul vrae te beantwoord en om te help en vertroos. Tydens die aanlyn sessies verduidelik die kliniese sielkundige Tanya van de Water die emosionele en sielkundige kwessies waarmee kinders nou worstel, en sy gee praktiese raad oor hoe jy jou kind kan help. Sy gesels ook met die aktrise Desiré Gardner, ’n ma van twee, oor die emosionele en sielkundige uitdagings waarmee jong kinders nou worstel.


SESSIE 1

Is my kind angstig?

Tanya gesels met die aktrise Desiré Gardner, ’n ma van twee, oor hoe en hoekom kinders angs beleef. Hulle gesels oor hoe om angs by kinders te identifiseer en Tanya gee praktiese raad oor hoe jy stories kan inspan om jou kind te help om sy of haar angs te verwoord en te verwerk.

Hierdie is ’n regstreekse uitsending om 20:00 op 17 Junie.


Koste: R60


SESSIE 2 (Voorafopgeneemde video)

Bemeester die vaardighede

Tanya verduidelik hoe verskillende ouerskapstyle en jou eie angs jou kind beïnvloed en wat jy daaraan kan doen. Sy leer jou verskeie vaardighede en tegnieke waarmee jy jou kind kan help om sy of haar angs te verstaan en verwerk, en gee ook spesifieke raad vir kinders se angstigheid wat verband hou met die COVID-19-pandemie, inperking en terugkeer skool toe. Hierdie video kan bestel en enige tyd gekyk word.


Koste: R70


Vir enige navrae stuur ’n e-pos na [email protected]