Huisgenoot Jou Kind: Superma? Dit Sukkel Soms! Sessie 2: Bemeester Die Vaardighede

Thu Jun 11, 12:00 - Sun Jan 31, 12:00

Event is online

ABOUT

Sluit aan by ons spesiale aanlyn sessies vir kennersraad

 

Kners jy soms op jou tande omdat jy soveel dinge gelyk probeer doen? Jy wil ’n goeie ma vir jou kind wees, maar ook jou werklewe op koers hou – dikwels gelyk! Hoe doen jy dit?


Die voorligtingsielkundige Magdel Pretorius, ’n ma van drie, gee raad in hierdie reeks aanlyn sessies. Ons ontgin die uitdagings waarmee jy spartel en deel praktiese wenke wat jou sal help om ’n betrokke ma te wees terwyl jy tussendeur ander uitdagings takel. Skakel 10 Junie in vir net die eerste sessie, of vir al drie.


SESSIE 1

ONS VOEL ALMAL SO…

Magdel gesels met die aktrise en aanbieder Vicky Davis, ’n ma van twee, oor die uitdagings waarmee ma’s nou spartel en deel raad. Hoe kan jy jou kind bystaan, en waaroor kan jy ophou skuldig voel? Hoe hou jy kop? Hier’s raad in ’n regstreekse uitsending.

https://www.quicket.co.za/events/106089-huisgenoot-jou-kind-superma-dit-sukkel-soms-sessie-1-ons-voel-almal-so/

Koste: R60

 

SESSIE 2 (HIERDIE SESSIE)

BEMEESTER DIE VAARDIGHEDE                                                  

Jou kind het jou nou meer nodig as ooit – maar jy sukkel self om kop bo water te hou in hierdie tyd. Magdel gee uitvoerige raad wat jou sal help om die vaardighede te bemeester wat jy en jou kind nou benodig. Dié uitsending word in videoformaat aan jou gestuur sodat jy dit kan kyk wanneer dit jou pas. Voorafopgeneemde video beskikbaar vanaf 11 Junie deur middel van 'n internetskakel wat met kaartjiehouers gedeel sal word.

Koste: R70


SESSIE 3

JOU BEURT

Bespreek jou plek in ’n intieme groepsessie. Net 20 ouers neem deel aan elke sessie. Magdel sal spesifieke uitdagings ontgin en ouers kan hul eie vrae vra, wat sy dan sal beantwoord met kennersraad vir hul omstandighede. Dié sessie sal op 22 of 23 Junie plaasvind deur middel van 'n Zoom skakel.

https://www.quicket.co.za/events/106096-huisgenoot-jou-kind-superma-dit-sukkel-soms-sessie-3-jou-beurt/

Koste: R200

 

Volgende in die reeks:

17 Junie: My kind is angstig…

24 Junie: ’n Tiener in die huis

1 Julie: My kind is eensaam – hoe help ek?