Het jy dit gemis? #SARIEgesels met Leah, Katryn & Fanie

Fri May 22, 10:00 - Mon May 25, 00:00

Event is online

ABOUT

Donderdag 21 Mei om 19:30 het gewilde Afrikaanse sangeres Leah op ons digitale rusbank gekuier. Sy het vertel hoe sy al jare lank die #JyIsGenoeg-boodskap uitleef en op sosiale media en in haar musiek verkondig.

Ook die internasionale model Katryn Kruger het saamgesels. Sy praat oor haar loopbaan – van haar dae as 16-jarige model vir groot name soos Prada en Dior, tot vandag waar sy as sameroeper van haar Koffie met Katryn-sessies ’n gemeenskap van vroue bymekaar bring om mekaar aan te moedig en te inspireer. Saam met SARIE se styl- en sosiale redakteur, Fanie Cronjé, gesels hulle oor hoe mens by jou #JyIsGenoeg-oomblik kom.


*Hierdie is die regstreekse opname van die aand, so die videokwaliteit is nie die van professionele kamera's nie, maar die kwaliteit van rekenaars. Vrae word vanuit die aanlyngehoor geantwoord.

 

Hierdie inspireerders deel nie net hul eie stories nie, maar ook praktiese wenke:




  • Stileringswenke vir jou eie kas. Só stileer jy jou eie foto's; of jy nou inskryf vir SARIE Voorbladgesig of SARIE Nuwe Gesig of net jouself afneem vir jou eie platforms.
  • Ons gesels ook oor sosiale media. Kleure en verstellings op Instagram en so vind jy jou stem en bou 'n gemeenskap aanlyn.
  • Ook, omarm 'n nuwe platform soos TikTok en moet nie skaam wees om te eksperimenteer nie.
  • Laastens sal hierdie bekendes ook raad deel oor hoe hulle aanlynkritiek en boelies hanteer.


Opgesom, #SARIEgesels TikTok, trolls en trench coats.


So skuif in op jou eie rusbank, raak deel van ons midweek-gesprek aanlyn en weet: Jy is ons inspirasie.