Lollos & Lettie Wikkel Wikkel! Troeteldiere

Fri Jun 5, 10:00 - Sat Jun 27, 23:00

Event is online

ABOUT

Lollos & Lettie se eerste Wikkel Wikkel reeks bestaan uit 4 episodes. Hierdie splinternuwe formaat van Lollos vermaak is gefokus op 1 - 5 jariges met spesiale aktiwiteite in kort segmente, nommerpas ontwerp vir die kleintjies se behoeftes met behulp van 'n kundige.

 

Lollos en Lettie kan nie Aarde toe vlieg nie as gevolg van die inperkingsreëls op internasionale reis maar hulle maak 'n plan om al die lekker speletjies en dansies van hulle maats hier op Aarde dop te hou van daar af.


Dans saam met Disco, leer gebaretaal by Makiti, gaan op 'n virtuele uitstappie saam met Karla en haar tower Oral-ogies en maak 'n oulike troeteldierwoefie saam met Marli. Tekno leer ons ook 'n spesiale lessie uit bladsy 3 van die Boek van Waardes.


Wikkel Wikkel Episode 1 is opgeneem by The Cottontail Cottage in Durbanville en die opvoedkundige aktiwiteite is ontwerp onder leiding van Lunell Duncker Swart (skoolhoof).

http://www.cottontail-cottage.co.za/

https://www.facebook.com/Cottontailcottagedurbanville/


Hou ook ons Lollos sosiale media fyn dop vir inligting oor ons volgende sopnat episode: SEEDIERE!

www.facebook.com/Lollosfriends

www.instragram.com/lollos_lettie


Details oor die episodes:

Vir slegs R30 kan jou hele gesin saam met jou na ons Troeteldiere episode kyk. Die episode sal beskikbaar wees vanaf Vrydag 5 Junie om 10:00 tot Saterdag 27 Junie om 23:00. Jy kan dit dus soveel kere kyk soos wat jy wil!

Tydsduur per episode is tussen 20 - 23 minute.