#SARIEgesels met Leah, Katryn & Fanie

Thu May 21, 19:30 - Thu May 21, 21:00

Event is online

ABOUT

Donderdag 21 Mei om 19:30 kuier gewilde Afrikaanse sangeres Leah op ons digitale rusbank. Sy gaan vertel hoe sy al jare lank die #JyIsGenoeg-boodskap uitleef en op sosiale media en in haar musiek verkondig.

Ook die internasionale model Katryn Kruger sluit by ons aan. Sy gaan praat oor haar loopbaan – van haar dae as 16-jarige model vir groot name soos Prada en Dior, tot vandag waar sy as sameroeper van haar Koffie met Katryn-sessies ’n gemeenskap van vroue bymekaar bring om mekaar aan te moedig en te inspireer. Saam met SARIE se styl- en sosiale redakteur, Fanie Cronjé, gaan sy ook gesels oor hoe mens by jou #JyIsGenoeg-oomblik kom.

 

Hierdie inspireerders deel nie net hul eie stories nie, maar ook praktiese wenke en beantwoord jou vrae:



  • Stileringswenke vir jou eie kas. Só stileer jy jou eie foto's; of jy nou inskryf vir SARIE Voorbladgesig of SARIE Nuwe Gesig of net jouself afneem vir jou eie platforms.
  • Katryn en Fanie gee raad: Die slimste (en goedkoopste) stylwenke nog!
  • Ons gesels ook oor sosiale media. Kleure en verstellings op Instagram en so vind jy jou stem en bou 'n gemeenskap aanlyn.
  • Ook, omarm 'n nuwe platform soos TikTok en moet nie skaam wees om te eksperimenteer nie.
  • Laastens sal hierdie bekendes ook raad deel oor hoe hulle aanlynkritiek en boelies hanteer.


Opgesom, #SARIEgesels TikTok, trolls en trench coats.


So skuif in op jou eie rusbank, raak deel van ons midweek-gesprek aanlyn en weet: Jy is ons inspirasie.