SARIE sê #JyIsGenoeg saam met Donnalee en Alicia

Wed Apr 29, 19:30 - Wed Apr 29, 21:00

Event is online

ABOUT

Jy is genoeg. Dít is SARIE se 2020-boodskap. Die wêreld waarin ons leef – in hierdie krisistyd dalk meer as ooit – wil ons laat glo ons is nie genoeg nie. Nie slim, fluks of dapper genoeg nie. Skaars fynsinnig of vlugvoetig genoeg.


Ons sê jy is genoeg. Om ’n veranderende wêreld te takel, te volhard en steeds te wen. Om te inspireer en geïnspireer te word. Nes jy is.


Aktrise, rolprentvervaardiger en bekende SARIE-voorbladgesig Donnalee Roberts kuier op ons digitale rusbank en gesels oor wat dit beteken om ’n #StroomopVrou te wees. Dis die beweging wat sy in 2018 tydens die verfilming van haar en Ivan Botha se fliek Stroomop begin het en haar boodskap staan vandag ewe sterk.


Vele bekendes tel onder haar kliënte en met haar eie grimeerskool ken sy die kuns van mooimaak. Alicia Buckle skakel in vanuit Stellenbosch en wys wat jy in jou grimeersakkie tuis het, is oorgenoeg!


So skuif in op jou eie rusbank, raak deel van ons midweek-gesprek aanlyn en weet: Jy is ons inspirasie.


NB. Jy sal e-posse van SARIE af ontvang om jou deur hierdie virtuele funksie te neem.

Ons sien daarna uit om Woensdag op jou skerm te gesels; kry solank jou vrae vir Donnalee en Alicia gereed.