Kopter Naaldekoker: Hou jou kinders besig met hierdie kinderstorie en help terselftertyd 'n restaurant tydens die COVID-19-krisis
Sun Apr 12, 18:00 - Sun May 10, 00:00
Event is online
ABOUT
Hou die kinders vir 'n rukkie besig in die inperkingstyd en ondersteun terselftertyd ander wat dalk sukkel om finansieel by te bly in hierdie tyd!
Baie van ons hou - onder normale omstandighede - sommer baie daarvan om by 'n restaurant te gaan koffie drink of te gaan uiteet. Ek is self mal daaroor! Maar ek weet daar is restaurante wat in hierdie krisistyd rondom die COVID-19-virus sukkel om kop bo water te hou terwyl hulle toe is - en ons weet ook nog nie hoe dinge gaan wees wanneer hulle weer mag oopmaak nie. Daarom het ek gedink dat ons kan saamspan om van hulle te probeer help.
Hoe? Ek skryf 'n kinderstorie en lees dit voor, en jy koop 'n "toegangskaartjie" om die storie te kan luister. Jy ontvang dan 'n skakel ("link") wat jy vir 'n paar weke kan gebruik om die storie as 'n MP3 te speel (en/of af te laai om te stoor vir later, as jy sou wou). Vir elke kaartjie wat verkoop word tot en met 10 Mei 2020, word die bedrag wat oorbly ná koste geskenk aan restaurante.
Slegs R10 per luisterstorie! Dalk die wins wat die restaurant op jou dis sou maak, of die fooitjie wat jy aan die kelner sou gee?
Stories is in MP3-formaat en kos slegs R10 per storie om af te laai. Die stories is in Afrikaans en elke storie is ongeveer 5 - 15 minute lank. Dit is luisterstories - ek lees my storie voor. Gewoonlik is daar ook iets wat kinders (én dalk grootmense?) kan leer uit die storie: veral oor die natuur. Elke storie gee ook 'n paar idees vir aktiwiteite wat die kinders ná die tyd kan doen om hulle langer besig te hou.
Hierdie storie se naam is Kopter Naaldekoker. Kopter Naaldekoker is 'n naaldekoker, maar ook 'n helikoptervlieënier en 'n superheld...
Daar is egter verskillende stories beskikbaar, so koop gerus 'n kaartjie vir meer as een! Jy sal die ander stories ook onder "Papierpop" - my organiseerdersnaam - kry, byvoorbeeld, Kallie en die Kwikkie, 'n Brief in die pos en Die Suikerpolisie.
Kopter Naaldekoker
Storie en voorlesing deur Janelle Verster
Foto verskaf deur: Sarieta Kleynhans
Musiek verskaf deur: Friederike Zimmermann