FREE OPTIONS

SAAM maak ons 'n verskil

Wed Apr 1, 09:00 - Sun Feb 28, 23:45

Event is online

ABOUT

Ons gemeente wil graag betrokke bly by die gemeenskap en minder bevoorregtes. Fondse is beperk aangesien ons in die lock down tyd nie kerkdienste mag hou nie. Die gemeente bedryf en befonds 'n hele paar sopkombuise (voedingskemas) in Casablanca asook Temperace Town. Daar word ook voedsel voorsien aan behoeftige gesinne asook hawelose mense. Ons help ook ons bejaardes wat slegs 'n SASSA toelaag ontvang en nie fondse het om noodsaaklike toiletware ens te koop nie. Ons kan slegs met hierdie wonderlike werk voortgaan as daar genoegsame fondse is. Die gemeente se leraars en maatskaplike werker is ook betrokke by berading en ander noodsaaklike hulp aan lede van die gemeente en gemeenskap. Raak betrokke. Ondersteun die projekte finansieel. Saam kan ons 'n verskil maak. Saam kan ons die hande en voete van Jesus wees. Dankie!