Agape Jeugfees 2015
Sun Jul 12, 18:00 - Thu Jul 16, 22:00
Agape Gemeente Sentrum
ABOUT
JEUGFEES 2015:
Al #1 op jou VAKANSIE to-do list ?
Agapé Gemeente se Jeugfees vir Rustenburg se tieners is om die draai, en word vanjaar vir die 8ste jaar in `n ry, tydens die LAASTE WEEK van die vakansie aangebied!
Jeugfees het hierdie jaar weer `n KOOKWATER program, met hope tiener-friendly name soos:
Altaar band (wat gereeld optree met Gretha Wiid kampe en in verskeie dele van Suid-Afrika),
Louis Brittz,
Bertha le Roux (7de Laan),
Anders band (Nuwe kontemporêre worship-band wat onder andere die soundtrack van die Mooirivier en Knysna-flieks gedoen het),
Nico Panagio (7de Laan, Semi-Soet, Survivior SA)
"Pneumatix" ('n Baie gewilde Jeug drama-groep, wat ins skole en kerke regoor die nasie optree) en
Die life changing krag van Jesus Christus,
~~Buitenbehalwe al die “groot name” is daar boonop ook hope ander highlights en moments - soos ons eerste SELFIE-PHOTOBOOTH, Comedy Central voorprogram en local worship bands-om saam vriende `n klomp lewenslange memories te maak! Soos met vorige jare, word Jeugfees weereens GRATIS aangebied en die vriendelike crew staan reg om die “rooi tapyt” uit te rol en tieners te stack met vragte koekies en Hot chocolate!
Alhoewel Jeugfees vir die tweede keer in Agapé Gemeente se 900-sitplek Ouditorium (Cuckoolaan 99) aangebied word, is dit 100% interkerklik en word elke tiener aangemoedig om n.a.v Jeugfees, die Jesus verskil in hul betrokke skole, kerke en gemeenskape te gaan maak. Jeugfees is ook 100% user friendly vir tieners wat by GEEN kerk of geestelike-tuiste betrokke is nie! Ouers kan soos oudergewoonte gerus wees dat hul tieners se veiligheid 'n top prioriteit vir die Jeugfees organiseerders is, en dat alle nodige voorsorg getref word om hul veiligheid te verseker! Daar sal ook `n generator op standby wees vir daardie loadshedding-aande!
So die million dollar querstion aan jou: "Is Jeugfees 2015 al #1 op jou vakansie to-do-list?
Jeugfees begin Sondagaand 12 Julie en duur tot Donderdagaand 16 Julie. Die program begin elke aand om 18:00 en duur tot 21:00. So, stel nou `n reminder, nooi AL jou Whatsapp&Facebook vriende, of share die poster sommer nou met iemand op Instagram!
Vir meer inligting, skakel gerus die Agapé adminkantoor by (014) 537 2337, maak 'n draai by http://www.jeugfees.co.za/ of gaan like “Jeugfees 2015” se Facebook bladsy.