Kaleidoskoop in Vanderbijlpark - album launch - Gunsteling seisoen

Fri May 12, 19:00 - Fri May 12, 22:00

Quest

ABOUT

Ná hul vorige oorspronklike album Vars Uitgekerf – wat in 2012 as beste kontemporêre album by die Tempo toekennings aangewys is - is Kaleidoskoop na vier jaar terug met ‘n splinternuwe oorspronklike album genaamd Gunsteling Seisoen. 
Soos oudergewoonte kan jy die magiese atmosfeer van Kaleidoskoop se lewendige vertonings te wagte wees. Wees ook gereed om weggevoer te word deur ‘n swetterjoel van instumente wat verskeie kitare, ukulele, mandolien, glockenspiel, trekklavier, klavier en perkussie sal insluit.
Elf oorspronklike snitte, met titels soos Somerreën, Die Goeie en Vlugvoetig, asook verwerkings van twee bestaande Engelse liedjies – wat gereeld by hul vertonings deur gehore aangevra is om op die volgende album te verskyn – gaan deel uitmaak van hierdie juweel – wat dan ook by die vertoning te koop sal wees.

DIRECTIONS

Kaleidoskoop in Vanderbijlpark - album launch - Gunsteling seisoen
Quest
Curie Blvd, Vanderbijlpark, 1911, South Africa
Get Directions