Kaleidoskoop in Worcester - album launch - Gunsteling seisoen

Wed May 17, 19:00 - Wed May 17, 22:00

115 Russell St

ABOUT

Venue - Kleinteater
Deure maak 19:00 oop - vertoning begin 19:30
Verversings en CD's beskikbaar - bring 'n geldjie saam.

Ná hul vorige oorspronklike album Vars Uitgekerf – wat in 2012 as beste kontemporêre album by die Tempo toekennings aangewys is - is Kaleidoskoop na vier jaar terug met ‘n splinternuwe oorspronklike album genaamd Gunsteling Seisoen. 

Soos oudergewoonte kan jy die magiese atmosfeer van Kaleidoskoop se lewendige vertonings te wagte wees. Wees ook gereed om weggevoer te word deur ‘n swetterjoel van instumente wat verskeie kitare, ukulele, mandolien, glockenspiel, trekklavier, klavier en perkussie sal insluit.
Elf oorspronklike snitte, met titels soos Somerreën, Die Goeie en Vlugvoetig, asook verwerkings van twee bestaande Engelse liedjies – wat gereeld by hul vertonings deur gehore aangevra is om op die volgende album te verskyn – gaan deel uitmaak van hierdie juweel – wat dan ook by die vertoning te koop sal wees.

DIRECTIONS

Kaleidoskoop in Worcester - album launch - Gunsteling seisoen
115 Russell St
115 Russell St, Worcester, 6849, South Africa
Get Directions