No under 18s

VOLK Bied Aan: My Hart is 'n Trein Live by Sowaar Bar

Sat May 25, 18:00 - Sun May 26, 01:00

Sowaar Bar

ABOUT

VOLK bied aan: My Hart is 'n Trein met gaskunstenaar Augusta Zietsman by Sowaar Bar 25 Mei 2024 in Pretoria.

VOLK is 'n alternatiewe Afrikaans band vanaf Kaapstad wat gebore is uit die pen van gesoute musiekant Frank Freeman.

Frank, wat sy merk gemark het as vervaardiger van die EET KREEF! Herleef produksie saam met Laudo Liebenberg en sy werk as kitaarspeler vir kunstenaars soos Francios van Coke, Arno Carstens, Zolani Mahola, Amanda Strydom, Niel Sandilands en nog vele meer het VOLK begin uit sy begeerte om musiek te maak in Afrikaans wat hy wens bestaan het.

Dis sy poging om 'n bydrae te maak tot die vooruitgang van Afrikaanse musiek en kultuur.

Luister die 4 nuwe enkelsnitte "Twak In Die Sak", "my Hart is 'n Trein", "Baby Fourie" & "Nou's Ek Blind" (wat Vrydag die 17 Mei 2024 uit kom) op alle digitale platforms)

Die groep bestaan uit Frank op lead kitaar & sang, Mika Burger op bass kitaar & sang asook Dillon Myburgh op dromme.

Op Saterdag 25 Mei 2024 bring VOLK hulle unieke styl van alternatiewe musiek. Die gewilde aktriese wat vinnig naam maak as liedjieskrywer en sanger, Augusta Zietsman, is ook op die line up om 'n spesiale aand van "new wave" Afrikaansa musiek af te rond.

DIRECTIONS

VOLK Bied Aan: My Hart is 'n Trein Live by Sowaar Bar
Sowaar Bar
Shop 1 Atterbury Boulevard, Atterbury Rd, Faerie Glen, Pretoria, 0043
Get Directions