Die ABC van Deeltitelreg - aangebied deur Die Burger

Thu Jun 6, 08:15 - Thu Jun 6, 12:30

The Devon Valley Hotel

ABOUT

Krap jy kop oor die algemene beginsels van die deeltitelreg of het jy ’n spesifieke vraag oor die ontwikkeling, bewoning, benutting en bestuur van deeltitelskemas?

Het jy onlangs in ’n deeltitelskema belê en wonder jy dalk wie of wat ‘n regspersoon is, oor die rol van die trustees – óf wie moet pa staan vir ’n lekkende waterpyp? En hoe gemaak met sonde tussen die bure?


Kom luister dan gerus na die kenners Lizelle Kilbourn en Maryna Botha by Die Burger se eerste deeltiteloggend, “Die ABC van Deeltitelreg”.


Kilbourn het in 2003 by die regsfirma STBB in Kaapstad aangesluit waar sy sedertdien as konsultant by regsopleiding en navorsing betrokke is. Sy is die outeur van die Juta-publikasie The ABC of Conveyancing en haar belangstellingsveld is deeltitelreg en die reg met betrekking tot aftreeoorde.


Botha, weer, is ’n direkteur by STBB en ’n kenner en adviseur rakende ondernemings se nakomingsverpligtings wat in wetgewing soos die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting opgelê word.


Beide Botha en Kilbourn skryf Die Burger se immergewilde rubriek, “Deeltitelforum”.


’n Kenner van deeltitelversekering, Martin Smuts, sal ook ’n aanbieding lewer.


Wat moet jy weet?

Die kaartjies kos R750 per persoon en sluit 'n volle buffetontbyt, koffie, tee, 'n ligte versnapering en ’n klein geskenksak in. Die aanbiedings word in Afrikaans gedoen. Daar sal tyd ingeruim word om voorbereide vrae te behandel.

Vir meer inligting en ander navrae, stuur e-pos na [email protected]

DIRECTIONS

Die ABC van Deeltitelreg - aangebied deur Die Burger
The Devon Valley Hotel
Devon Valley Rd, Devonvallei, Stellenbosch, 7600
Get Directions