No under 16s

Neil Sandilands LIVE in Knysna

Sun May 12, 14:00 - Sun May 12, 16:00

Build Your Burger, 34 Waenhout

ABOUT

Neil Sandilands met Frank Freeman.


Die EMMY-benoemde akteur en SAMA-benoemde musikant, Neil Sandilands toer na die tuinroete saam met die raakvat musikant Frank Freeman. Hierdie is ’n rare belewenis! “Verlede jaar se toer, van die Kaap tot Limpopo, was een van die verrykendste ervarings van my loopbaan”, sê Sandilands. As jy al by een van die vertonings was, dan wéét jy. Dié veteraan kunstenaar van onder meer internasionale televisiereekse soos Sweet Tooth, The Flash, The 100, asook plaaslike reekse Die Groot Niks, Desert Rose & Sewende Laan, het geen bekendstelling nodig nie. As ’n vermaaklikheidster is hy elektries. Dié klein satteliet-toere gebeur werklik min en Sandilands sien dit as geleentheid om ook nuwe werke voor lewendige gehore te speel. Die musiek kom uit Sandilands se bekende albums Sangoma Sandilands & Jou Pa se Posse, Allegaarkie vir ’n Askeet, Die Groot 5, Die Groot Niks, asook nuwe werke wat nog nooit opgeneem is nie. “Dis die eerste keer wat ek splinternuwe liedjies sing, voor dit op ’n album verskyn. Dis baie opwindend!” Frank Freeman op die Kitaar en tweede stem is bekend vir sy samewerking met kunstenaars soos Karen Zoid, Arno Carstens, Francois van Coke en Zolani Mahola. Hy het ook ’n Fiesta toekenning ingepalm met sy produskie EET KREEF! Sy nuutste groep VOLK is besig om opslae te maak in alternatiewe Afrikaanse musiekkringe.


DIRECTIONS

Neil Sandilands LIVE in Knysna
Build Your Burger, 34 Waenhout
34 Waenhout Ave, Knysna Industrial, Knysna, 6571
Get Directions