Broers in Gesprek met Francois & Charles Smith

Sat May 4, 14:00 - Sat May 4, 15:00

Protea Hotel

ABOUT

Moontlik die eerste in sy soort - 'n onderhoud en gesprek tussen twee besonderse broers, een 'n romanskrywer en een 'n joernalis.


Uitsonderlik en opwindend, moenie dit mis nie!


Francois Smith

Francois Smith is 'n Afrikaanse letterkunde en kreatiewe skryfwerk dosent aan die Universiteit van die Vrystaat. Voordat hy in 2015 as dosent daar begin het, het hy gevryskut as 'n uitgewersredakteur, waartydens hy sy debuutroman, Kamphoer, voltooi het. Sy roman is in 2015 met die ATKV-fiksieprys bekroon en in daardie jaar was dit een van die topverkoper-fiksietitels in Suid-Afrika.


Charles Smith

Charles Smith is nuushoof vir Netwerk24 in die Vrystaat en Noord-Kaap en is al 36 jaar ’n joernalis. Hy het die boek 'Nuusmakers' geskryf met sy stories en foto's uit sy termyn as joernalis, insluitend sy tyd in Washington DC waar hy skouers geskuur het met mense soos die Obamas en Hillary Clinton. Hy het 'n passie vir fotografie, stories oor mense en geskiedenis en is mal daaroor om dit in sy artikels oor die veranderende Suid-Afrikaanse landskap in te weef. Hy is ook ’n boer op hul familieplaas by Rouxville in die Suid-Vrystaat.

DIRECTIONS

Broers in Gesprek met Francois & Charles Smith
Protea Hotel
Corner Of Main &, Van Der Merwe St, Clarens, 9707
Get Directions