FREE OPTIONS
Family friendly

Gouelokkies: Sprokiesland Speurder (Kinderteater @ Die Centurion Teater)

Thu Mar 28, 10:00 - Thu Mar 28, 14:15

Die Centurion Teater

ABOUT

In die towerwêreld van Sprokiesland, waar stories lewe kry, is iets vreemd aan die gebeur. Die sprokies, soos ons hulle ken, is besig om te verander, karakters vergeet hul reëls, en sommige verdwyn selfs heeltemal! Maar moenie vrees nie, want die briljante Sprokiesland-speurder Gouelokkies is op die spoor van hierdie misterie.

 

Anders as wat algemeen aanvaar word, is Gouelokkies nie net 'n meisie met 'n voorliefde om stoele en pap uit te probeer nie; sy is 'n skerp en vaardige speurder met 'n aanleg om magiese raaisels op te los. Saam met haar betroubare en geestige kat-metgesel, Sersant Snorpot, begin Gouelokkies 'n avontuur om die waarheid agter die verdraaide verhale te ontdek.

 

Terwyl sy dieper in die hartjie van Sprokiesland delf, ontmoet Gouelokkies benoude bekende karakters wie se verhale heeltemal holderstebolder geraak het, wat veroorsaak dat die eens harmonieuse koninkryk in chaos is.

 

Met ‘n slimkop, skerp sintuie en 'n sprinkel feetjiestof, werk Gouelokkies om dinge weer so gou as moontlik na normaal te keer. Langs die pad ontdek sy 'n ontwykende skurk, die Storie Steler wat besig is om stories lings en regs te herskryf!

 

In 'n wedloop teen tyd moet Gouelokkies die Storie Steler se planne ‘n stokkie voor te steek voordat geliefde verhale vir ewig verlore gaan. Sal sy misterie kan oplos en Sprokiesland weer herstel? Kom saam Gouelokkies, Sersant Snorpot en hul sprokiesvriende op hierdie avontuur terwyl hulle die raaisel ontrafel en bewys dat die mees onverwagte helde soms die grootste, goue krulle het!

DIRECTIONS

Gouelokkies: Sprokiesland Speurder (Kinderteater @ Die Centurion Teater)
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions