Stoep Stories in the Baai

Thu Sep 24, 19:30 - Fri Sep 25, 22:00

Vodacom Indoor Sport Centre

ABOUT

In samewerking met die Mattheus Broers, bied Magnetic Storm Produksies aan: Stoep Stories in Die Baai, op die 24ste en 25ste September by die NMMU Vodacom Binnenshuise Sportsentrum. Verigtinge begin om 7:30nm.

Dozi en Wicus van der Merwe sal op die stoep sit en gaste op n toer na toeka se tyd neem, met 'n fees van musiek, komdedie en stories in 'n tradisionele Afrikaanse familie atmosfeer.

Geniet 'n aand saam met hierdie talentvolle en welbekende kunstenaars in lewende lywe, terwyl hulle 'n unieke vertoning aanbied.

Tradisionele braai disse sal te koop wees, sowel as alkoholiese en nie-alkoholiese drankies.

Beskikbare kaartjie opsies:

 - R140 elk - Algemene Kaartjies (U bespreking waarborg  u plek by die  tafel, maar nie noodwendig watter sitplek nie.)
 - R190 elk - Goue Sirkel Kaartjies (U bespreking waarborg  u plek by die  tafel, maar nie noodwendig watter sitplek nie.)
 - R3,500 per tafel - VIP Tafel (2 tafels beskikbaar, 10 gaste per tafel, Skakel asseblief 041-3934800 om hierdie tafel te bepsreek.)

Die VIP pakker sluit in:

 - Tafels is voor in die middel.
 -  Wikus of Dozi sal by die tafel kuier tydens die pouse.
 - Liedjie versoek tydens die vertoning ( vanaf 'n lys verskaf)
 - Braai ete.
 - Drie Bottels wyn.
 - Drie bottels water
 - Vyf VIP parkeer plekke. Geraamde gedenk foto.

Braai Ete:

R100 per persoon
 - Skaaptjops
 - Boerewors met tamatie en uie sous
 - Kerrie hoender sosatie
 - Knoffel baba aartappels
 - 3 bone slaai
 - Groen Slaai
 - Tuisgemaakte potbrood met botter en appelkoos konfyt.

 

DIRECTIONS

Stoep Stories in the Baai
Vodacom Indoor Sport Centre
University Way, Port Elizabeth, South Africa
Get Directions